Twee kinders is oorlede nadat hulle glo geel selonsroosblare geëet het. Drie ander is ontslaan nadat hulle in die hospitaal vir diarree en braking behandel is.
SABC News berig die twee kleuters, wat beide twee jaar oud is, het buite gespeel toe hulle glo van die giftige plant geëet het.
‘n Woordvoerder van die Capricon Distriksmunisipaliteit in Limpopo sê ondersoeke toon die plant is so giftig dat ‘n volwassene sal doodgaan as hy net een blaar eet.
Hulle het dadelik met ‘n bewusmakingsveldtog begin om inwoners te waarsku en om van hierdie plante ontslae te raak.