Die Bloemfontein-streekhof in die Vrystaat het twee mans gevonnis vir diefstal en beskadiging van Transnet-infrastruktuur.

Die vyftigjarige Tomo Maema en die 39-jarige Molewa Ramoiloa is in Julie verlede jaar in hegtenis geneem terwyl hulle seinkabels van Transnet verwyder en gesteel het.

Die twee mans het ná hul inhegtenisneming in aanhouding gebly.

Albei beskuldigdes het skuld beken op alle aanklagte en die hof het Maema en Ramoiloa elk tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis.

Die helfte van hul vonnisse is vir ʼn tydperk van vyf jaar en ses maande opgeskort.

error: Inhoud is beskerm !!