Twee mans wat beskuldig word van die moord op Brendin Horner doen vandag aansoek om borgtog

Twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die plaasbestuurder Brendin Horner by Paul Roux vermoor het, sal na verwagting vandag om borgtog aansoek doen in die Senekal landdroshof in die Vrystaat.

Dit volg nadat daar aan die begin van die maand getuienis gelewer is dat die DNS-monsters nie verbind kon word met die
bloed wat op Sekwetje Mahlamba en Sekola Matlaletsa gevind is nie.

Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Phaladi Shuping, gaan hulle die borgtogaansoek teenstaan omdat dit nie in belang van geregtigheid is om die beskuldigdes op borgtog vry te laat nie.

Luister na potgooie hieronder