Twee verdagtes wat na bewering met die aanval op die oud-Springbokhaker Lukas van Biljon en sy pa, André, verbind kan word, het vanoggend in die Heilbronse landdroshof verskyn.

Rosestad-nuus het vroeër berig ses gewapende rowers het vroeg Saterdagoggend toegang tot die huis op ‘n kleinhoewe by Oranjeville gekry.

Die 70-jarige André, is in sy borskas en hand geskiet.

Die 47-jarige Lukas is verskeie kere met ‘n mes gesteek.

Die twee verdagtes het op aanklagte van poging tot moord en huisroof verskyn en sal in aanhouding bly tot hulle volgende verskyning, wanneer hulle formeel om borgtog aansoek sal doen.

André se toestand was teen gister nog kritiek.

Lukas is reeds uit die hospitaal ontslaan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×