Twee mans is in die Edenburg Streekhof vir gewapende roof, op die buitewyke van Edenburg in 2022, gevonnis.

Volgens ’n polisieverklaring het ‘n afleweringsvragmotor van ’n slagtermaatskappy in Bloemfontein in Augustus 2022 sy aflewerings rondom Edenburg voltooi.

Toe die bestuurder langs die N1-pad stilhou, is hy en die span deur sowat vyf onbekende verdagtes in ‘n stilstaande bakkie aangeval.

Hul hande is vasgemaak, selfone gesteel en die kluis in die vragmotor is oopgemaak.

Die slagtermaatskappy het die motor se toesigkamera dopgehou, en die Edenburg-polisiemag is dadelik ingelig.

Die verdagtes, Teboho Ramabele en Khothola Khorola, is gevang en Woensdag tot 20 jaar tronkstraf elk vir gewapende roof gevonnis.

Khorola is ook vir ’n immigrasie-oortreding gevonnis en moet ‘n boete van R3 000 betaal of ses maande tronkstraf dien.

error: Inhoud is beskerm !!