Twee mense is op die N2 naby Lamontville in Durban beseer. Dit, soos protesaksie op die N2 plaasvind waar van die betogers bande op die snelweg begin brand het. ER24-woordvoerder, Werner Vermaak, sê in ’n verklaring paramedici is aanvanklik na die toneel ontbied nadat ‘n botsing tussen twee voertuie plaasgevind het toe die bestuurders glo probeer het om die brandende bande te vermy.
Een persoon het matige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hy na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer is. Terwyl paramedici besig was om na die pasiën om te sien, het ‘n tweede botsing op een van die nabygeleë brûe plaasgevind. Na verneem word, het betogers rommel op die brug begin verbrand.