Twee verdagtes wat op heterdaad betrap is terwyl hulle koperkabels in ‘n spoorwegwerf in Bloemfontein gesteel het, is vir onderskeidelik 25-jaar en 18-jaar tronk toe gestuur vir beskadiging van Transnet se infrastruktuur. Die polisie se woordvoerder, Peter Kareli, het gesê die 33-jarige Lebona Makhalemele en die 30-jarige John Hlalele is vir onderskeidelik 25-jaar en 30-jaar in die Bloemfonteinse Streekshof gevonnis. Die voorval het in Augustus 2022 plaasgevind toe hulle ‘n vier meter lange koperkabel met ‘n waarde van R24 000 wou uitgrawe. Sekuriteitsbeamptes het hulle gewaar en die polisie in kennis gestel. Die verdagtes se misdaad het tot bykans R1,1 miljoen aan herstelkoste vir Transnet gelei.