Twee misdadigers wat uit is op parool is op Viljoenskroon weer vasgetrek vir ‘n reeks misdade

Twee verdagtes wat tans uit is op parool en verbind word met talle misdade, is gister op Viljoenskroon vasgetrek.  Die eerste verdagte Molefi Kau is uit op parool nadat hy tien jaar uitgedien het vir sakeroof. Maroela media berig nog ‘n 32-jarige verdagte wat uit is op parool nadat hy tronkstraf uitgedien het is ook gevang. Albei die verdagtes het ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie in hulle besit gehad, waarvan een ook ‘n polisie vuurwapen in sy besit gehad het wat na bewering uit die polisie se besit gesteel is.  Albei veragtes sal weer op 6 September in die hof verskyn.

Luister na potgooie hieronder