Daar heers meestal stilswye oor die vordering met die ondersoek na die moord op Andries Mgoqi, voormalige hoof van Centlec.
Sersant Mahlomola Kareli van die polisiediens kon wel bevestig twee verdagtes is in Wepener – digby die Lesotho-grens – in hegtenis geneem. Mgoqi is vroeër die maand voor sy taverne in Bergman Square by Bloemfontein doodgeskiet.
Volksblad meld uit beeldmateriaal blyk dit dat vyf skote op die oorledene geskiet is. Hierna het die skieter, en nog ander mense, in ‘n luukse wit sedan van die moordtoneel af
weggejaag. Daar is voorheen berig Mgoqi was moontlik ‘n fluitjieblaser, en dat hy skynbaar vir sy lewe gevrees het.