Twee nuwe vleuels tel onder die veranderinge aan die Vrystaat-Cheetahs se beginspan

Twee nuwe vleuels tel onder die veranderinge aan die Vrystaat-Cheetahs se beginspan, wat die Leeus Saterdag in Bloemfontein in die Curriebeker-reeks die stryd aansê.
Netwerk24 berig daar is ook ’n paar veranderinge voorlangs gedoen om die lynstane meer doeltreffend te maak, terwyl die span ook meer diepte het met die terugkeer van ’n paar ervare spelers op die plaasvervangersbank.
Die linkervleuel Rosko Specman is Donderdag weens ’n dyspierbesering aan die span onttrek en word
deur Malcolm Jaer vervang.
William Small-Smith sal op linkervleuel in die plek van Rhyno Smith uitdrag.

Luister na potgooie hieronder