Die polisie in KwaZulu-Natal werp alles in die stryd met sy soektog na verdagtes wat ses mense naby Ladysmith doodgeskiet het. Twee kinders onder die ouderdom van vyf,
tel onder die oorledenes.

Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê 12 mense het gistraand in ‘n bakkie gery, toe insittendes van ‘n ander voertuig op die bakkie losbrand. Twee mans en drie vroue het die skietery oorleef, en word in die hospitaal behandel. Slegs een vrou ongedeerd. Die motief vir die moorde is in hierdie stadium onbekend.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×