Die president van Agri-Ooskaap, Peter Cloete, het hom sterk uitgespreek oor nog ‘n sinnelose plaasaanval op Andre’ Basson, ‘n boer van die Indwe distrik. Netwerk24 berig dat Basson tans aansterk in ‘n hospitaal nadat hy Donderdag, deur twee mans wat voorheen vir hom gewerk het, met ‘n panga en ‘n kierie aangeval is.  Niemand is nog in hegtenis geneem nie.  In nog ‘n plaasaanval berig Die Middelburg Observer dat Lorraine Prinsloo op die plaas Elandsdoorn in die Groblersdal-distrik gewelddadig ook met ‘n panga aangeval is.  Volgens berigte het Prinsloo ‘n diep sny agter haar kop en vele snye aan haar hande soos sy om haar lewe baklei het. Sy word in die hospitaal behandel vir haar beserings.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×