Twee bejaarde vriende is vermoedelik eers gemartel voordat hulle Saterdag aan die brand gesteek is.
Die 76-jarige Anneke Claassen en die 78-jarige Hennie Claassen het in afsonderlike huise op die plaas naby Ohrigstad gewoon waar die bekende Eggogrotte is.
Daar is aanvanklik alarm gemaak toe iemand gemerk het Hennie se huis is aan die brand.
‘n Toergroep op die plaas het aanvallers naby Anneke se huis opgemerk en alarm gemaak.
Hennie is lewend aan die brand gesteek.
Die aanvallers is steeds soek.
‘n Egpaar van die Piketberg-omgewing is die naweek op hul plaas vermoor.
Pierre en Belinda de Kock se liggame is Sondag gevind.
Pierre het ‘n steekwond aan sy nek gehad en is in ‘n buitegebou aangetref.
Volgens ‘n voorlopige ondersoek is niks uit die plaashuis gesteel nie.