‘n Sersant en ’n konstabel van die Kimberley-polisiediens se blitspatrollie is vroeër vandag deur ‘n kaper doodgeskiet.
Volgens Netwerk24 was die polisielede op die spoor van ‘n man in ‘n gesteelde Transnet-bakkie, wat van Bloemfontein onderweg was.
Brigadier Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê die voertuig is in Kimberley opgemerk, en die beamptes het dit agtervolg.
Die bakkie het by die Transnet-perseel teen ’n hek gebots en die kaper het probeer weghardloop.
Die twee in Blou het die man agterna gesit, toe hy hulle geskiet het.
Albei beamptes is noodlottig gewond.
‘n 38-jarige verdagte is in hegtenis geneem.