Twee renosterhoringhandelaars is in Noordwes vasgetrek

Twee vermeende renosterhoringhandelaars is Donderdag in Vryburg in Noordwes, in hegtenis geneem toe hulle na bewering twee renosterhorings ter waarde van R2,4 miljoen probeer verkoop het.

Luidens berigte sal die twee verdagtes Maandag in die Vryburg Landdroshof verskyn.

Volgens kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, het hulle gereageer op vooraf inligting wat hulle ontvang het oor die transaksie, en op die twee renosterhorings van 1,9kg en 461g beslag gelê.

Foto: Netwerk24
Foto: Netwerk24

Netwerk24 berig intussen is sewe ander verdagtes in Stilfontein in Noordwes in hegtenis geneem vir onwettige mynbedrywighede waar hulle klippe met goud daarin verwerk het.

Luister na potgooie hieronder