Twee lede van die Suid-Afrikaanse Weermag, of SANDF, is dood en drie beseer nadat ‘n mortier bom een van Suid-Afrika se militêre basisse in die Demokratiese Republiek van die Kongo, of DRK, getref het.
Netwerk 24 berig die voorval het gistermiddag gebeur. Drie soldate van die SANDF is beseer en na die naaste hospitaal in die stad Goma vervoer. Volgens ‘n verklaring van die weermag is die presiese omstandighede van die voorval nog nie bekend nie, maar ‘n ondersoek sal van stapel gestuur word.
Die SANDF is deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap wat in die ooste van die DRK ontplooi is om vrede en stabiliteit te probeer bewerkstellig.