Twee seuns, onderskeidelik 12 en 14-jaar is in Port Elizabeth in hegtenis geneem

Twee seuns, onderskeidelik 12 en 14-jaar is in Port Elizabeth in hegtenis geneem, weens die feit dat hulle buitebande aan die brand gesteek het.

Dit kom aan die vooraand van die Guy Fawkes-vieringe.

Die twee seun is aangekla van die oortreding van die Wysigingswet op Strafregtelike Aangeleenthede.

Die Port Elizabeth Polisie sê hulle gaan streng optree om die regulasies af te dwing wat geen vuurwerke in ‘n metrogebied telaat nie.

Luister na potgooie hieronder