Daar is vandag in Bloemfontein afskeid geneem van nog ‘n slagoffer van geslagsgebaseerde geweld. SABC News berig Bongiwe Phulampa se mansvriend het haar glo doodgesteek toe sy tuis kom nadat sy ‘n kerkdiens bygewoon het. Die man is intussen in hegtenis geneem.

Nog ‘n roudiens is vroeër vandeesweek gehou vir ‘n Bloemfonteinse onderwyseres wat dood is toe haar vriend na bewering verskye kere met ‘n motorvoertuig oor haar gery het. Haar liggaam is op die R702 naby die Mangaung-gevangenis gevind. Die polisie het haar vriend opgespoor waar hy onder ‘n bed in die paartjie se huis weggekruip het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×