Twee sterf in brand by Limpopo hospitaal

 Twee sterf in brand by Limpopo hospitaal

Netwerk24 het pas berig dat twee pasiënte geserf het in ‘n brand wat vroeg Dinsdagoggend in die FH Odendaalhospitaal in Modimolle, Limpopo, uitgebreek het.

Dokter Phophi Ramathuba, LUR vir Gesondheid in Limpopo, het haar na die toneel gehaas.

Volgens Neil Shikwambana, woordvoerder van die departement van gesondheid in Limpopo, is die oorsaak van die brand nog onbekend.

Die name van die oorledenes is ook nog nie bekend gemaak nie.

LeandreAdmin@