Die Vrystaatse polisie ondersoek sake van moord en poging tot moord, nadat twee mense dood, en twee beseer is, in ‘n skietery by ‘n taverne in Bethlehem.

Netwerk24 berig die voorval het baie vroeg Sondagoggend plaasgevind.

Veiligheidswagte het die polisie ontbied toe hulle op die liggaam van ‘n man afkom wat in die middel van die pad lê.

Drie skietwonde was sigbaar en hy is op die toneel dood verklaar.

Die liggaam van ‘n tweede oorledene is in ‘n nabygeleë straat gevind.

Twee mans is ten tyde van die voorval beseer.

Een is reeds uit die hospitaal ontslaan.

Die ander man ontvang steeds behandeling vir ‘n skietwond in die maag.

Niemand is nog in verband met die skietery in hegtenis geneem nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×