Twee stropers is in die Vrystaat in hegtenis geneem

Twee vermeende stropers is by die Letsatsi La Afrika-wildplaas in Vierfontein, in die Vrystaat in hegtenis geneem.

Polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê vyf verdagtes is naby ‘n deel van die wildsplaas gevind waar die grensdraad geknip is.

Luidens berigte het een van die verdagtes ‘n vuurwapen op die eienaar en sy seuns gerig.

‘n Ander verdagte is in sy regter been en arm gewond waarna hy na ‘n hospitaal in Klerksdorp geneem is.

Die polisie sê hulle het beslag gelê op ‘n handvuurwapen, ‘n jaggeweer, ‘n byl sowel as ammunisie.

Die ander drie verdagtes word nog gesoek.

Luister na potgooie hieronder