Twee studente van die Iowa-staatsuniversiteit is dood nadat hulle boot Sondag omgeslaan het

 Twee studente van die Iowa-staatsuniversiteit is dood nadat hulle boot Sondag omgeslaan het

Twee studente van die Iowa-staatsuniversiteit is dood nadat hulle boot Sondag in ’n oefensessie in koue, winderige toestande omgeslaan het.

Stuff berig vyf studente was aan boord toe die ongeluk op die Little Wall-meer sowat 24 km noord van die stad gebeur het.

Volgens die universiteit het duikers die liggaam van een van die studente later dieselfde dag gevind.

Drie studente is gered en by die Mary Greeleymediese sentrum behandel.

Duikers het die volgende oggend die liggaam van die ander student gekry.

LeandreAdmin@