Die Ambassade van Israel in Suid-Afrika het bevestig twee Suid-Afrikaanse burgers is in Israel se konflik met die Palestynse militantegroep, Hamas, vermoor.

Die ambassade het gistermiddag ‘n lys van vermoorde en vermiste buitelandse burgers vrygestel.

Een Suid-Afrikaner word volgens die jongste lys as vermis aangegee.

Intussen sê Israel hy sal onder géén omstandighede ‘n enkele humanitêre toegewing in sy beleg van die Gaza-streek maak, alvorens Hamas alle Israeliese gyselaars vrylaat nie.

Die Internasionale Rooikruis-organisasie pleit dat brandstof die streek binnegebring mag word vir noodkragopwekkers by hospitale.

Reuters berig luidens die Rooikruis sal “hospitale in lykshuise verander” indien brandstof weerhou word.

‘n Woordvoerder sê dis weens hartverskeurende menslike smart dat hulle om brandstof smeek.

Die Israeliese minister van energie, Israel Katz, sê egter dat daar géén uitsonderings gemaak sal word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×