Twee verdagtes, albei jonger as 18, word aangekla in verband met die Super Bowl-skietery in Kansas City, waarin een mens dood en nog 22 beseer is.

‘n Magdom skote het geklap toe ‘n bakleiery uitgebreek het by Woensdag se parade om die Chiefs se NFL-kampioenskapoorwinning te vier. Owerhede van die Amerikaanse deelstaat Missouri, sê verskeie vuurwapens is op die toneel gevind. Die verdagtes word in plek van veiligheid aangehou.

Hulle word aangekla van die oortreding van die vuurwapenwet, asook van verset teen inhegtenisneming. Nog aanklagte teen die twee sal waarskynlik volg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×