Twee vakbonde het aangekondig dat hulle als in hul magte gaan doen om die beplande afleggings by die SAUK stop te sit

Twee vakbonde het aangekondig dat hulle als in hul magte gaan doen om die beplande afleggings by die SAUK stop te sit.
Die kommunikasiewerkersvakbond, die CWU, het bevestig dat hy ‘n kennisgewing aan die SAUK se bestuur oorhandig het om van more af te staak.
Intussen het die ander vakbond wat SAUK werknemers verteenwoordig, BEMAWU, het by die Arbeidshof ‘n aansoek om ‘n interdik teen die afleggings ingedien.
Dit volg na berigte dat verskeie van die SAUK se werknemers afleggingskennisgewings ontvang het.
Dit sluit in al die omroepers by RSG en nog bykomende personeellede.

Luister na potgooie hieronder