Twee van die ses beskuldigdes wat na bewering betrokke was by die transito-rooftog Maandagoggend en gister vlugtig in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn het, is ook betrokke by ander hofsake. Die een verdagte was veronderstel om op ‘n aaklag van sameswering om ‘n rooftog te pleeg, in die hof in Boksburg te verskyn. Vyf van die beskuldigdes is van Johannesburg en een van Botswana. Nwtwerk 24 berig die hof het beslis dat geen foto’s van hulle geneem mag word of hulle name gepubliseer word alvorens ‘n uitkenningsparade gehou is nie. Die ander verdagte moes ook gister in die hof op Polokwane verskyn op ‘n klag van roof. Hy moet ook in Januarie in die hof op Middelburg verskyn op ‘n klag van sameswering om ‘n rooftog te pleeg. Daar is Maandagoggend nagenoeg R1 miljoen gebuit maar dis onbekend hoeveel geld teruggekry is. Die saak is uitgestel tot volgende Dinsdag.