Twee lede van ‘n rowerbende, wat Vrydagaand met AK-47’s in Virginia in die Vrystaat op ‘n polisiebakkie losgebrand het en kort daarna iemand anders gekaap het, is Maandag in hegtenis geneem. Die Volksblad berig die bakkie van die polisie se hondeeenheid in Welkom is meer as 20 keer raakgeskiet, maar dat geen van die insittendes getref is nie. Kaptein Stephen Thakeng, ‘n polisiewoordvoerder het gesê hy glo hulle wou die polisielede vermoor. Die vermeende rowers het Vrydagaand ‘n vulstasie in Welkom beroof toe hulle ‘n kluis met plofstof oopgeskiet het. Twee van die verdagtes is Maandag by Glen in Bloemfontein in hegtenis geneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×