Twee verdagtes is Donderdagaand deur lede van die Valke se ondersoekspan in Welkom, saam met ander intelligensie- en taakspanne, in hegtenis geneem.

Volgens ’n polisiemediaverklaring word beweer dat Fidelity-sekuriteitsbeamptes kontant by ‘n drankwinkel in Heilbron versamel het.

Terwyl hulle besig was om die kontant in te samel, het vier onbekende verdagtes die drankwinkel binnegegaan en ‘n Fidelity-sekuriteitsbeampte en ‘n drankwinkel-sekuriteitsbeampte oorrompel.

Die verdagtes het toe ’n onbekende bedrag geld en ‘n vuurwapen van Fidelity gesteel en in ‘n VW Polo en ‘n BMW gevlug.

Die saak is aan die Valke oorhandig vir verdere ondersoek, wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes gelei het. Die verdagtes sal na verwagting Maandag voor die Sasolburg-landdroshof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×