Twee buitelanders is in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van ‘n vrou van Stellenbosch in Wes-Kaap.

SABC-nuus berig die polisie in die provinsie sê die 20-jarige vrou het van ‘n restourant af huis toe gestap toe sy ontvoer is. Die twee sal eersdaags in die Stellenbosche-landdroshof verskyn op aanklagte van afpersing en ontvoering.

In nóg ‘n voorval van ontvoering soek die polisie na die ontvoerders van ‘n 84-jarige vrou, vermoedelik ‘n buitelander.

Die vrou is vroeër in ‘n onbewoonde plakkershut in Zwelithemba by Worcester opgespoor.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×