Twee verdagtes wie daarvan verdink word dat hulle honderdeduisende Amerikaanse dollar uit ‘n rusbank op president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-wildsplaas gesteel het, was vandag vlugtig in die landdroshof in Bela Bela.

Die vrou was skynbaar ‘n skoonmaker op die wildsplaas.

Haar medebeskuldigde is ‘n Namibiese burger. Hulle is glo eers na ‘n ander plaas – omdat hulle nie die omgewing geken het nie – voordat hulle by Phala Phala sou aankom.

Die twee word aangekla van onder meer diefstal, huisbraak en sameswering.

Die man word ook van geldwassery aangekla.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×