Twee verdagtes sal na verwagting vandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn in verband met Thabo Bester se ontsnapping uit die Mangaung-korrektiewe
sentrum.

Die verdagtes is ‘n sekuriteitsbeampte en ‘n 65-jarige man van die Oos-Kaap.

Albei staan tereg op aanklag dat hulle na bewering ‘n veroordeelde moordenaar uit die tronk help ontsnap het.

’n Grootskaalse soektog is van stapel gestuur toe Bester, die sogenaamde Facebook-verkragter, op 3 Mei verlede jaar uit die tronk ontsnap het.

Hy het nié in ‘n brand gesterf, soos wat kort ná sy ontsnapping berig is nie.

Bester is in 2011 gevonnis, nadat hy skuldig bevind is aan onder meer moord en verkragting.

Rosestad 100.6FM-nuus het vroeër berig daar is aanvanklik vermoed Bester het selfmoord gepleeg deur sy sel aan die brand te steek, maar die verkoolde liggaam wat in die sel gevind is, was toe die van ‘n ander man.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×