Twee verdagtes sal na verwagting vandag in die Bloemfonteinse landdroshof in die Vrystaat verskyn op aanklagte van poging tot moord, regsverydeling en roekelose en nalatige bestuur.

Dit volg op ‘n skietvoorval wat naby Pellesier in Bloemfontein gebeur het.

Parkweg-polisie het Vrydag inligting ontvang oor verdagtes wat pas ‘n bottelstoor in Aliwal-Noord beroof het en dat die verdagtes swaar gewapen is.

Twee motors wat dieselfde beskrywing van die aanvallers pas, is naby die Casino opgemerk.

Polisiewoordvoerder sersant Sinah Mpakane sê die polisie het albei voertuie probeer stop, maar ‘n skietgeveg het gevolg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×