Twee verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die beweerde diefstal van 580 000 Amerikaanse dollar op president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-wildsplaas, verskyn na verwagting vandag in die hof.

‘n 39-jarige man en 30-jarige vrou is onderskeidelik gister en Sondag in Rustenburg en in Bela-Bela deur die Valke aangekeer.

Hulle sal in die landdroshof in Bela-Bela verskyn op aanklagte van huisbraak en diefstal.

Die beweerde misdrywe is in Februarie 2020 gepleeg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×