Twee verdagtes, ‘n 37-jarige en 42-jarige, sal vandag in die landdroshof op Hertzogville verskyn vir klagtes van veediefstal en die besit van gesteelde vee. Polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, het in ‘n verklaring gesê die mans is gister in Malebogo buite Hertzogville vasgetrek nadat ‘n boer in die distrik ‘n klagte van veediefstal geopen het. Verskeie eenhede van die polisie het voertuigspore asook inligting opgevolg en op ‘n huis in Boikanyo straat toegeslaan waar 19 Merino skaap-karkasse gevind is. Die boer kon deur sy brandmerke die skape identifiseer. Thakeng het gesê meer verdagtes kan in hegtenis geneem word en die ondersoek duur voort.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×