Twee verdagtes, die 27-jarige Wiseboy Jozi en die 39-jarige Lehlohonolo Rankuoatsana het Dinsdag volgens Netwerk 24 in die landdroshof in Bloemfontein verskyn in verband met die moord op die 16-jarige Machaka Radebe in Desember verlede jaar. Machaka was vir twee dae vermis voordat haar liggaam op 4 Desember langs die Dewetsdorp-pad gevind is met ‘n steekwond in die rug. Sy was ‘n leerling aan die Brebner High School. Die polisie se woordvoerder in die Vrystaat, brig Motantsi Makhele, het in ‘n verklaring gesê Jozi is verlede week in Bloemfontein in hegtenis geneem en Rankuoatsana  tussen Wepener en Dewetsdorp. Hulle staan voorlopig tereg op aanklagte van ontvoering en moord. Die saak is tot Maandag vir borgtoginligting uitgestel. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×