Die Mangaungse polisiediens ondersoek ‘n dubbele moord, nadat daar gister op twee verkoolde liggame naby die Ragogodam in Thaba Nchu afgekom is. ‘n Een-ton-vragmotor was in vlamme gehul, toe personeel van voertuig-opsporingsmaatskappy by die toneel opdaag. Die maatskappy het sein ontvang, dat daar met die vragmotor se opsporingstoestel gepeuter word.

Die slagoffers, wat met draad aan die agterkant van die vragmotor vasgebind was, het eers sigbaar geword nadat die vlamme geblus is. Albei oorledenes is op die toneel dood verklaar. Die motief vir die moorde is onbekend, en niemand is tot dusver in verband met die gru-misdaad in hegtenis geneem nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×