Twee voormalige direkteure en een werker van die Bethlehem munisipaliteit het verskyn in hof op aanklagte van bedrog, diefstal en die oortreding van van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde misdaad na ‘n ondersoek van die Valke.

Die saak spruit voort uit ‘n voorval tussen Januarie 2020 en Desember 2021 waar ‘n spookwerker ‘n maandelikse salaris van R12 000 by die munisipaliteit ingevolge ‘n
kontrak ontvang het.

Hilton Maasdorp, DA raadslid van die Dihlabeng munisipaliteit het gesê hy verwelkom die arrestasies en voortgesette ondersoeke sal gemeenskappe antwoorde geen oor onreelmatige aktiwiteite binne die administrasie van die munisipaliteit.

Maasdorp sê die DA het verskeie portefeulje komitees en die raad gewaarsku, asook aan die provinsiale wetgewer geskryf nadat hulle inligting van fluitjieblasers gekry het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×