‘n Vrou van Pretoria en haar 16-jarige seun is wreed aangerand toe hulle ‘n virtuele realiteit, of VR-koptoestel vir R4 800 wou koop wat op Facebook se Marketplace geadverteer is. Die 56-jarige Natasja de Groote het gister aan Netwerk 24 vertel sy en haar seun, Ivan, is na die verkoper se huis wat volgens die advertensie in Brits is. Die verkoper het gesê hulle moet naby Soshanguve ontmoet. ‘n Verteenwoordiger van die koper het by hulle ingeklim en gesê hulle moet in ‘n woonbuurt inry. Ses mans hulle aangeval het en wou die geld vir die kopstoestel hê. De Grootte het gesê die mans het haar bankkaarte en hul selfone gevat. Sy het haar opsporingstelsel se paniekknoppie gedruk en kon wegry. Die polisie ondersoek klagtes van poging tot kaping, roof en aanranding. INTUSSEN is die 59-jarige Jaco Basson, ook van Pretoria, Sondag doodgeskiet toe hy ‘n voertuig wou koop wat op Facebook se marketplace geadverteer is. Hy en ‘n vriend is ook gevra om ‘n man te volg na die plek waar die motor is. Basson is deur die rowers geskiet waar hy in sy motor gesit het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×