LP’s het ná middagete, begin stem vir ‘n nuwe Speaker van die Nasionale Vergadering. Thoko Didiza, die voormalige minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, en Veronica Mente, nasionale voorsitter van die EFF, is die enigste kandidate wat vir die amp benoem is. Daar word voorsien, dat Didiza die nuwe speaker sal wees.
Die DA se Annelie Lotriet, van Bloemfontein, sal dan na verwagting tot adjunkspeaker verkies word. Die verkiesing van Didiza en Lotriet, hang glo saam met die ooreenkoms wat tussen die DA en die ANC aangegaan is. Die president sal verkies word, nadat die speaker en adjunkspeaker ingewseer is. Daar word wyd aangeneem, dat Cyril Ramaphosa weer die land sal lei, en dat ook dit, sal wees soos ooreengekom deur die ANC, DA en IVP. Die MK-party, wat 58 setels het, se voornemende LP’s, woon nie vandag se eerste sitting van die Nasionale Vergadering by nie.