Tweede ondersoek teen prof. Henk de Jager deur SUT-raad van stapel gestuur

 Tweede ondersoek teen prof. Henk de Jager deur SUT-raad van stapel gestuur

‘n Tweede ondersoek is van stapel gestuur teen die voorlopig geskorte vise-kanselier en rektor van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein, prof. Henk de Jager, deur die instelling se raad.

Dit volg nadat die eerste ondersoek teen hom, hom onskuldig bevind het.

Volgens De Jager se prokureur, Bruce Blair, weier die SUT-raad nogsteeds om die verslag van die eerste ondersoek bekend te maak, op aanvraag het die raad ook aan die verslag aan Netwerk24 geweier.

Blair sê alhoewel hy nie die verslag gesien het nie weet hy daarin staan dat De Jager onskuldig bevind is.

Netwerk24 berig dat Nonnie Mokose, voorsitter van die raad, gesê het dat hul ondersoeke nog nie afgehandel is nie.

Die vraag oor wie vir die tweede ondersoek gaan betaal het Dan Maritz, direkteur: kommunikasie en bemarking van die SUT nie geantwoord nie.

LeandreAdmin@