‘n Tweede slagoffer, ‘n 19-jarige meisie, is in die hospitaal oorlede nadat sy skietwonde opgedoen het toe onbekende verdagtes op twee plaashuise naby Ficksburg losgebrand het. Rosestad-nuus het vroeër berig ’n elfjarige kind is doodgeskiet en ses mense beseer tydens ’n skietery by die woonhuise van plaaswerkers van die kersieplaas, Ionia, langs die hoofpad by Ficksburg.

Polisiewoordvoerder, adjudant Mmako Mophiring, het gesê twee aanvallers het Sondagaand omstreeks tienuur langs die R26 gestop en op die werkers losgebrand. Die 11-jarige seuntjie is in die maag geskiet en is op die toneel dood. Die ses beseerdes is na die plaaslike hospitaal geneem vir behandeling. Mophiring sê die motief vir die aanval is onbekend. Die polisie het ‘n soektog begin na die verdagtes en volg alle leidrade op.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×