’n Tweede verdagte is in ‘n dranklisensie-korrupsiesaak deur die Valke in hegtenis geneem.

Volgens ’n polisiemediaverklaring volg dit kort nadat die amptenaar van die Drankraad in Bethlehem se medepligtige aangekeer is. Die verdagtes is glo by die uitreiking van bedrieglike dranklisensies betrokke, en sal in aanhouding, hangende hul aansoek om borgtog volgende week, bly.

Die Vrystaatse hoof van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek, generaal-majoor Mokgadi Bokaba, het die inhegtenisneming verwelkom.

Sy het bygevoeg dat enigiemand wat toelaat dat geld wat op ’n korrupte wyse deur hul bankrekening beweeg, aktief aan misdaad deelneem, en dat hulle op aanklagte van korrupsie en geldwassery in hegtenis geneem sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×