Suid-Afrikaanse owerhede het Maandag 20 miljoen onwettige sigarette wat tussen Februarie en Mei vanjaar deur die Zimbabwiese grens in die land gesmokkel is, vernietig. Die nuusdiens, AP, berig die sigarette het ‘n waarde van meer as veertig miljoen rand en is tydens verskeie operasies by die Beitbrug-grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe gekonfiskeer. Die SA Inkomste Diens het gesê die vernietiging van die onwettige sigarette sal waarskynlik ‘n paar dae duur. Die Valke het verlede maand ‘n voertuigbestuurder by die grenspos in hegtenis geneem vir die smokkel van meer as 500 kartonne onwettige sigarette. Die polisie het ook in Mei in Bronkhorstspruit beslag gelê op sigarette ter waarde van sowat 18 miljoen rand wat deur die Beitbrug-grenspos ingesmokkel is. Dit was valslik as teeblare verklaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×