Daar sal nie meer tyd gegee word vir voorafbetaalde elektrisiteitsverbruikers om hul meters te op te gradeer sou hulle dit nie teen 24 November doen nie.

Volgens die Minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa het die kragvoorsiener Eskom meer as genoeg gedoen om verbruikers in te lig oor die opgraderings en selfs hul werksure verleng.

SABC news berig verder dat die sperdatum nie verlengbaar is nie aangesien dit met ‘n ‘n tegniese probleem te doen het. Volgens die minister sal verbruikers wat versuim om hul meters op te grader nie net geen elektrisiteit he nie, die meters sal ook verwyder moet word.

Dit kom teen ‘n aansienlike koste wat deur die verbruiker gedra sal moet word.

Intussen het die Mangaung Metro se kragvoorsiener, CENTLEC, geen kodes verskaf om meters se opgraderingstatus te verifieer nie. In hul nuutste kennisgewing verduidelik CENTLEC dat die kodes waarna op sosiale media verwys word, slegs betrekking het op ESKOM-kliënte en glad nie op CENTLEC-kliënte nie.

Hulle voeg by dat kliënte wat krag koop en op meters laai, niks het om oor bekommerd te wees rakende KRN1 en KRN2 nie. Slegs indien “tokens” verwerp word, kan kliente CENTLEC kontak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×