Die leier van die Vryheidsfront, dr Pieter Groenewald, het gesê die tyd het aangebreek vir alle regdenkende Suid-Afrikaners om hande te vat teen ‘n regering wat besig is om die land se toekoms en drome te vernietig. Hy het gister in sy Versoeningsdag-boodskap in Petrusburg in die Vrystaat gesê die Gelofte van die Voortrekkers 185 jaar gelede, is vandag net so relevant vir die Afrikaner en ander minderhede wat in die pad staan van die ANC se vernietiging. Die Gelofte was en is steeds ‘n smeekgebed om oorlewing in ‘n land waarin almal in vrede kan woon en werk – sonder vrees en verdrukking. Groenewald het gesê die VF Plus streef ook na versoening waar alle kulture mekaar met wedersydse respek behandel. Afrikaners moet nie skaam wees oor hulle herkoms nie want geslagte na Bloedrivier het die land uit niks opgebou. Die mense van Suid-Afrika beleef tans baie uitdagings en bedreigings, maar moet altyd hulle hoop vestig op die Hemelse Vader, net soos die Voortrekkers dit gedoen het, het hy gesê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×