Die politieke ontleder Isaac Khambule het die tydsberekening van die aanstelling van die voormalige adjunkminister van finansies, Mcebisi Jonas, as spesiale gesant in die VSA, bevraagteken.

SABC-nuus berig President Cyril Ramaphosa het Jonas se aanstelling Maandag bekend gemaak. Khambule sê hoewel Jonas die regte aanstelling is, is daar steeds onopgeloste politieke kwessies tussen Suid-Afrika en die VSA, soos Suid-Afrika se besluit om Israel voor die Internasionale Geregshof te daag.

Khambule meen dit sal nie vir Jonas maklik wees om oor kwessies soos hierdie te onderhandel en terselfdertyd die land se ekonomiese belange te verteenwoordig nie.

error: Inhoud is beskerm !!