Tyla Jankielsohn, broerskind van nuut verkose DA-leier in die Vrystaat ontduik plaasaanval

Tyla Jankielsohn, broerskind van nuut verkose DA-leier in die Vrystaat het ‘n plaasaanval ontduik toe sy terugbaklei teen twee mans wat haar ingewag het.
Tyla wat al verskeie kere aan die Suid-Afrikaanse Saalperdkampioenskap op die Bloemskou in Bloemfontein deelgeneem het, het twee vermeende plaasaanvallers Maandag tweede laat kom.
So berig Netwerk24.
Volgens Jankielsohn was sy oppad in dorp toe, toe sy uit haar bakkie klim om die hek toe te maak, het twee mans met balaklavas haar oorval.
Die een man het haar op die grond neergegooi.
Volgens die 23-jarige het sy op haar rug gedraai sodat sy haarself kan verdedig.
Jankielsohn het geskop en die een aanvaller het teruggeval, sy het die ander aanvaller met ‘n vuis bygekom dat hy ook gesteier het.
Jankielsohn het ‘n paar gebreekte ribbes, slaan en krapmerke, maar verder ongedeund.

Luister na potgooie hieronder