Dricus du Plessis het weer bewys dat hy tans die beste middelgewig-kampioen in sy gewigsklas is nadat hy die omstrede Sean Strickland van Amerika oor vyf rondes in Sydney kon stuit.
Stillknocks is deur ’n eenparige besluit Sondag vroeg as die wenner aangewys nadat al drie beoordelaars dit op hul telkaart so aangedui het.
Die deurslag het vir du Plessis in die vierde ronde gekom nadat hy Strickland se neus met ’n opstopper gebreek het en al hoe meer druk op die Amerikaner geplaas om die oorwinning te verseël.
Dricus is steeds onoorwonne in die UFC met nege oorwinnings in ’n ry en gaan waarskynlik nou die fokus na Alex Perreira wat die ligswaargewig-kampioen is verskuif met die hoop om ’n tweede titel om sy middel vas te maak.