Die Suid-Afrikaanse UFC-middelgewig kampioen Dricus “Stillknocks”  du Plessis “ sal Sondag in Sydney sy titel vir ‘n tweede keer verdedig.

Du Plessis kom teen Amerika se Sean Strickland te staan wat hy verslaan het in Januarie 2024 om die titel as Middelgewig kampioen oor te neem.

Die Suid-Afrikaner het daarna Iseal Adesanya in Augustus 2024 in Perth verslaan om sy titel te verdedig.

Volgens Dricus was sy doel nog altyd om kampioen in sy gewigsklas te word en om sy titel te verdedig aangesien hy diè gewigsklas wil domineer.

Du Plessis en Strickland sal vroeg Sondagoggend in die kryt ontmoet.

error: Inhoud is beskerm !!