Die moordenaars van Judith Masters en Fabien Glen, bekende akademici van die Univesiteit van Fort Hare (UFH), is in die Oos-Kaap se hooggeregshof tot sewe keer lewenslange tronkstraf gevonnis. Die drie moordenaars het die paartjie in hul Hogsback huis in 2022 vermoor.
Die streekwoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Luxolo Tyali, sê die drie mans is ook tot ‘n verder 60 jaar vir verkragting, roof en huisbraak gevonnis.
LUISTER HIER: